EntertainmentLifestyle

Afrisaam is groter as groot hierdie jaar

Afrikaanse musiekliefhebbers sien uit na hierdie jaar se Afrisaam Fees waartydens gewilde musikante sal optree.

Die fees vind op 8 en 9 Junie by Fabu-Leux Wedding and Conference Venue op die hoek van Wit- en Zigzagweg plaas en die organiseerders belowe hulle “gaan groter as groot hierdie jaar”.

Die hekke maak die agtste om 5nm oop en die fees skop met Ricky Faber en orkes, Kurt Darren, Juanita du Plessis en Arno Jordaan af, met Dirk van der Westhuizen as die seremoniemeester vir die aand.

Die hekke open op 9 Junie om 9vm en daar is drie verhoë waar kunstenaars sal optree.

Een van die verhoë is in die biertent en vanaf 10vm tot 1nm sal musikante wat al redelike bekendheid verwerf het optree.

Op die verhoog tussen die stalletjies sal opkomende sangers vanaf 10vm na 5nm op te tree. Hierdie sangers het nog nie bekendheid verwerf nie en is in die prosesom hulle loopbaan te begin.

Die hoofverhoog in die hoofarena se optredes begin om 1.30nm waar Rickey Faber en orkes, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr hul verskyning sal maak.

Lees ook: n Fees in Afrikaans

Vanjaar het die organiseerders vir Sorina ‘Flooze’ Erasmus en Henry Bruinette as seremonimeesters vir Saterdag aangestel.

Daar is hope vermaak vir kinders soos ’n kindertuin area met gekwalifiseerde oppassers wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” (opblaas vuurpyl), asook mallemeule.

Brent le Riché en sy span van Le Riché Racing hou twee motorfietsvertonings wat die adrenalien sal laat pomp.

Daar is ook handwerk- en kosstalletjies en voertuig uitstallings.

Bring jou kampstoel en kombers en kom geniet die fees.

Kaartjies is nou beskikbaar by kaartjies@afrisaamfees.co.za of kontak 076 928 6921.

Stuur ’n e-pos na info@afrisaamfees.co.za vir meer inligting of besoek hulle webblad by www.afrisaamfees.co.za

 

Follow us on our social media platforms:

Twitter
Instagram
Facebook

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button