EntertainmentLifestyle

Pieter Smith, partytjiemaker van die dekade

Gewilde Afrikaanse sanger tree op saam met Die Broers en Lianie Mey.

Pieter Smith is een van die sangers wat by Meat World se Kersfees Musiekfees en Kersmark op 10 Desember gaan optree.

Hierdie Potchefstroom boorling het kitaar begin speel toe hy slegs vier jaar oud was en het vanaf sewejarige ouderdom professionele afrigting ontvang.

Nadat hy matriek geskryf het aan die Hoërskool Gimnasium in 1993, het hy deel van Rock Bands gevorm.

Sedert 18-jarige ouderdom tree hy al professioneel op.

Hy voltooi dan ook sy tersiêre opleiding in musiek- en musiekonderwys waarna hy as gekwalifiseerde musiekonderwyser by die Laerskool Queenswood in Pretoria afrigting in kitaar, koor en revue gegee het.

Pieter is in so ’n mate suksesvol dat Steve Hofmeyr hom by geleentheid as die partytjiemaker van die dekade asook een van ons land se mees begaafde liedjieskrywers uitgewys het.

Sy naam verskyn op byna elke groot kunstefees se kunstenaarslys en sy getroue aanhangers van die afgelope 15 jaar mis nie sommer sy vertonings wanneer hy in hul omgewing is nie.

Met ’n kuiersessie gemeng met nostalgie en uitstekende vermaak is daar niemand soos Pieter wat ’n gehoor kan laat lag en saamsing nie.

Natuurlik het als nie oornag gebeur nie, want dit het bloed en sweet geverg om te kom waar hy is en hy is baie dankbaar vir wat hy alles ingesit het.

Na 15 jaar is hy steeds besig om sy unieke stempel op Afrikaanse musiek af te druk.

Met gunstelingliedjies soos Stukkie van der Merwe, Voshaarnooi, Die Een en Op die Eerste Een en met sy eie lirieke en melodië, het Pieter ’n huishoudelike naam geword.

“Mens moenie net uit Afrikaanse musiek tap nie, maar ook terugploeg.” sê Pieter.

Related Articles

Back to top button