Hope vermaak by Afrisaam Fees

Die Afrisaam Fees vind plaas op Vrydag en Saterdag, 9 en 10 Junie, by Stable Inn, en die organiseerders belowe dit gaan 'n fees wees om te onthou.

Bekende Afrikaanse kunstenaars, soos Theuns Jordaan, Jay en Lianie, Snotkop, Steve Hofmeyr, Arno Jordaan, Dirk van der Westhuizen, Dewald Wasserfall, Chrizaan en nog vele meer gaan optree by die Afrisaam Fees.

Daar is ook vanjaar `n potjiekos kompetisie wat geborg word, met ‘n paar bekende beoordelaars.

Inskrywings beloop R100 per persoon en alles is ten bate van die Springs Dierebeskermingsvereniging.

Daar is ook vanjaar `n vol mallemeule wat sorg vir hope vermaak vir die kinders en so ook helikopter ritte.

Steve Hofmeyr.

Vrydag, maak die hekke om 5nm oop.

Die fees skop af met ‘n boere/country aand met kunstenaars soos Ray Dylan, Jason Bradley en Mac Young.

Saterdag, sal die hekke om 10vm oopmaak. Afrisaam Fees het vanjaar twee verhoë, die buite verhoog en ‘n binne verhoog.

Arno Jordaan.

Die buite verhoog gaan sorg vir hope opkomende kunstenaars wat vanaf 10vm gaan optree.

Om 12uur gaan die groter, meer bekende kunstenaars die verhoog in die saal betree met hope vermaak vir jonk en oud.

Connect with us:

Do you have an interesting newsworthy story? Contact the newsroom on 011 812 4800 or send an email to Samantha Keogh (editor) samk@caxton.co.za, Izahn Krige (digital journalist) izahnv@caxton.co.za or Anna Robertson (journalist) annar@caxton.co.za

For the latest breaking news in your community, follow us on Twitter @SpringsNews and like our Facebook page.

For news straight to your phone and daily weather updates, invite Springs Advertiser on WhatsApp by sending a message with your name and surname to 079 408 9334.

To see what we get up to in the newsroom and in town, follow us on Instagram at springs_addie

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version