Boosheid lê vlak in die lewe van Johan Francke

Die titel voorspel presies wat in die sielkundige riller wat in die droë noordweste van die land afspeel, gebeur.

Boek: Adder

Skrywer: Christelle van Rooyen-Wessels

Resensie moontlik gemaak deur: Random House Struik

Resensie deur: Annatjie Robertson

Om hierdie boek tydens die 16 Days of Activism dae te lees laat mens net weer eens besef hoe siek die gedagte aan seksuele teistering en mishandeling van vroue (en kinders) is.

Klara Francke se grootword jare was nie maanskyn en rose nie en haar ma se verbale mishandeling het haar in die arms van die sadistiese Johan Francke gedryf na haar stiefpa se dood.

Johan daarenteen is deur sy ma fisies en seksueel mishandel en die enigste manier van wraak neem is om brutale krag en mag te gebruik op sy slagoffers.

So verdwyn sy eerste vrou, wat op ’n druppel water soos sy ma gelyk het, met die hulp van sy ma se suster.

Klara en Lira, ’n jong dogter wat hy in ’n donker kamertjie aanhou, het soortgelyke gelaatstrekke.

’n Verbrande lyk word gekry van ’n meisie wat verdwyn het en een van Johan se slagoffers was en kort daarna word Jaco de Jager se verbrande lyk op ’n ander plek gevind deur twee speurders.

Johan moes Jaco uit die weg ruim omdat hy bang was Jaco vermoed dat hy aandadig was tot die moord van die meisie.

Nadat Klara op Nathan Dean, een van haar man se kollegas, verlief raak, vererger sake.

Dan is daar Klara en Johan se tienerseun wat self met sielkundige probleme worstel, veral nadat hy die mes aflek waarmee hy die familiehond se keel afgesny het.

Lira ontsnap merkwaardiglik en vertel haar storie van verkragting deur Johan.

Met ’n sigaretaansteker van sy pa, dink David aan Nathan wat, na die dood van sy pa, nie welkom is in sy tienergedagtes nie.

Met verduidelikings van die verkragtingsdade en kru taal sal die boek nie geskik wees vir minderjariges of sensitiewe lesers nie.

Exit mobile version