EntertainmentLifestyle

ADAM kom kuier in Springs

Die pop groep ADAM tree op 22 Oktober, in die Springs Teater, in Tweedelaan, Springs, op.

ADAM is ‘n drie-lid groep wat uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo and Kyle Grant bestaan en nogsteeds vas op koers is.

Hulle musiek is hoofsaaklik pop, en kan beskryf word as opwindend en vars, wat wink aan volwasse kontemporêre musiek.

Die groep se album, Vir Jou Gemaak en Goud, het onlangs goue status bereik.

Hul nuwe album, Hoogtevrees, is in Augustus uitgereik.

Hugo vertel dat die meeste mense met die liedjie Hoogtevrees, wat hy saam met sy sangmaat, Reynhardt, geskryf het, sal kan identifiseer.

Lees: Adam treë op in Springs

“Dit gaan oor ‘n romantiese verhouding wat by ‘n kruispad kom en hoe jy dan wonder: wat nou?” sê hy.

Hy beskryf Hoogtevrees as ‘n “polsende popliedjie met ‘n vinnige tempo waarop jy lekker sal kan dans”.

Die groep het twee jaar lank aan die album gewerk en glo dat hierdie kompilasie beslis die sterkste liedjies bevat.

“Dit is in tipiese ADAM-styl, waaraan ons ondersteuners gewoond is, gedoen.

Lees: Genotvolle Fonteine Springs Fees

“Ons het daardie fondament behou, maar toe ook ‘n paar nuwe klanke ingebring,” verklap Hugo.

Ontmoet vir ADAM:

Hugo is ‘n skrywer en sanger wie se eerste openbare optrede in 2003 plaasgevind het, toe hy as regstudent by die Universiteit van Stellenbosch aan die inter-koshuis serenadekompetisie deelgeneem het.

Daarna het Hugo vir vyf jaar lank landswyd, saam met sy broer, sanger en akteur Stefan Ludik, opgetree, voordat hy self begin liedjies skryf het.

Kurt Darren se Papsopwinterwaternat kom uit Hugo en Willie van der Merwe se penne.

Hugo skryf ook liedjies vir Willem Botha, Pieter Koen en Gerhard Steyn, en besit sy eie produksiemaatskappy.

Reynhardt, ook ‘n skrywer en sanger, het sy BA Drama-graad in 2007 aan die Universiteit van Pretoria verwerf en het in talle teaterstukke en musiekblyspele opgetree.

Hy is ook die akteur wat as Dr Tertius Jonker in die kykNET-sepie Binnelanders te sien is.

Reynardt skryf die meeste van ADAM se liedjies saam met Hugo.

Die derde lid van die groep is Kyle Grant, wat sy musiek- en verhoogloopbaan by Barnyard Teaterproduksies begin het en ook sy lyf akteur gehou het in die destydse TV-reeks Egoli.

In 2012 was hy as die karakter Billy Kostecki in Dirty Dancing, The Musical, te sien, wat internasionaal getoer het.

Hy is nie net ‘n uitstekende sanger en akteur nie, maar ook ‘n danser wat opgetree het in verhoogproduksies soos Chess – The Musical, Sunset Boulevard en Hairspray, waarmee hy ook internasionaal getoer het.

Related Articles

Back to top button