EntertainmentLifestyle

Afrisaam ‘n fees om te onthou

Springs se eerste Afrisaamfees, in Endicott, is met groot belangstelling verwelkom.

Die mense het van heinde en ver gekom om gewilde Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr en sy seun, Armand, op die verhoog te sien.

Maar voordat dié twee die verhoog betree het, was daar ‘n paar ander talentvolle kunstenaars wat die gaste vermaak het met hul sang talent.

Om 12-middag het oud-Hoërskool Hugenote leerling Zane ”Zane B” Bershwick opgetree.

Zane vertel dit sy eerste groot optrede in sy tuisdorp was, maar dat by ander Afrikaanse feeste bekend is.

Kort na hom het Sharoney Viljoen, self ‘n oud-Hoërskool Hugenote leerling, die besoekers laat saam sing met van haar treffer liedjies.

Bekende akteur en sanger Marno van der Merwe het ook opgetree, en is gevolg deur Een Kans, ‘n twee-man groep wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wian Fourie.

Marno sê dit is vir hom ‘n groot eer en voorreg om in Springs op te tree – en dit saam met bekendes soos Steve Hofmeyr, Arno Jordaan en Dewald Wasserfall.

Dewald het geen bekendstelling nodig nie en het om 5nm die verhoog betree, tot groot genot en ‘n gejuig van die toeskouers.

Rinel Day was die enigste ander vroulike sanger wat opgetree het, en is gevolg deur Arno.

Steve het almal gaande gehad met sy sangtalent en het sy volledige Toeka 3 album gedoen.

Sy seun Armand het na die tyd gesing en die “after party” aan die gang gehou.

Die organiseerder, Ina Schoeman, is dankbaar vir almal se ondersteuning en sê die fees is beslis die begin van ‘n jaarlikse instelling vir Springs.

Die wins wat die fees ingebring het gaan aan Kleinvallei, ‘n liefdadigheidsorganisasie in Krugersdorp.

Related Articles

Back to top button