EntertainmentLifestyle

Springs ster blink uit

Die C J Cillié Drama-ateljee span het 744 medaljes by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste verower.

Brendan Nel van Springs het die algehele manlike akteur in die groep 16 tot 24 jaar gewen.

Hy was ook die algehele manlike akteur kampioen.

Die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste was vanaf April 3 tot 11 in Rustenburg se Burgersentrum gehou.

Die ateljee wat altesaam 64 deelnemers gehad het by die Kampioenskap, het ‘n totaal van 744 medaljes ingepalm.

Die drama ateljee beskou dit as ‘n voorreg om met kinders te werk wat bereid is om op te offer en te weet dat die uitvoerende kunste ‘n langtermyn-belegging vir hulle toekoms is.

Kontak Elize Smit by 082 690 7660 om verdere inligting te bekom.

Related Articles

 
Back to top button