EntertainmentLifestyle

‘Ek is by julle’ – ‘n passiespel vir Springs

'n Massiewe toneelspel met die naam, 'Ek is by julle', word beplan vir die NG Kerk Springs-Oos se 75ste verjaardag.

Frans Swart het ‘n passiespel geskryf spesiaal vir hierdie geleentheid.

“Toe die gemeente 60 geword het, het ek vir hulle belowe dat ek vir hulle ‘n passiespel sal skryf en regisseur vir hulle 75ste verjaardag,” vertel hy.

Nou het die tyd aangebreek en hulle het op 28 Januarie begin repiteer.

Frans het ook Hoërskool Hugenote se koor betrek om deel te wees van hierdie passiespel.

Frans sê die titel het onstaan deur die woorde uit die Bybel, “Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld”.

“Ons wil die kaartjies so goedkoop as moontlik hou om dit so toegangklik as moontlik te maak vir die gemeenskap,” sê hy.

Hy het hierdie passiespel 15 jaar gelede geskryf en dit onlangs net bietjie aangepas, maar die boodskap bly dieselfde.

Org Langenhoven vertolk die rol van Jesus en Maria Scheepers speel die rol van Maria.

Die rol van Petrus word vertolk deur James Wilke en Judas word gespeel deur Danie Carstens.

Related Articles

Back to top button