‘n Goeie opvolg vir brawe kinders

Monstermaan twee volg op die boek Monstermaan een deur Louis van Niekerk.

Oorsig: Monstermaan #2

Oorsig deur: Izahn van Huyssteen

Oorsig moontlik gemaak dear: Struik kinders

Monstermaan is ‘n goeie riller boek vir jong minders.

Dit fokus op die moderne kind se lewe en hulle daaglikse uitdagings, met ‘n klein draai.

Die Klou van die Ninja is die tweede boek in die spannende en gewilde reeks en kan kinders lekker bang maak.

Niël-hulle se nuwe buurman is ‘n Japanees en Niël weet sommer dat hy ‘n Ninja is.

Niël het ‘n obsessie met Ninja’s en dis hoe Meneer Murakani die middelpunt van Niël se bestaan word.

Niël se lewe word ‘n skielike nagmerrie nadat hy ‘n beblde Ninja-klou in meneer Murakami se wasbak sien.

‘n Man met ‘n skerpioen op sy wang, twee figure wat nagteliks rondsluip en die geheim van die Scroll of the Tiger spook in Niël se drome.

Maar weereens wil niemand Niël se verregaande stories glo nie en almal dink dit is sy verbeelding.

Niks kan Niël keer om die waarheid uit te vind nie.

In hierdie grypende verhaal word jy in Niël se lewe ingetrek en verloor saam met hom sy vriende en voel sy teleurstelling soos niemand hom wil glo nie.

Niël bewys weer almal verkeerd deur sy vasberadenheid.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version