EntertainmentLifestyle

Interessante riller boek vir jonges

Boek: Monstermaan #1 Wat Borrel In Die Pot?

Oorsig deur: Izahn van Huyssteen

Oorsig moontlik gemaak deur: Struik Kinders

Die Monstermaan-reeks was ‘n wegholsukses toe dit vir die eerste keer in die negentigerjare verskyn het.

Niemand wil die jong Graad 7 leerling, Neil Fouché, glo as hy hulle vertel van wat hy gesien het gebeur in die huis langs hulle nie.

Die buurman, Meneer Katz, is ‘n taksidermis (iemand wat diere slag en opstop) en Neil het gesien hoe hy ‘n kat verwurg.

Almal dink Neil se verbeelding is op hol, tot hulle agterkom al die troeteldiere verdwyn.

Neil wonder hoekom die man heeldag by die DBV is en wat gedurig in die groot, swart pot op sy stoof borrel.

‘n Verhaal van hoe ‘n jong seun nie opgee wanneer almal in hom twyfel nie.

Dit is ‘n boek wat brawe, jong kinders sal geniet en ook ‘n bietjie koue rillings teen die ruggraat laat af stuur.

Related Articles

Back to top button