EntertainmentLifestyle

Nataniël besoek Springs

Nataniël besoek die AGS Lofoord in Springs vir slegs een vertoning op 25 Oktober om 8nm as gas van die Vroue Landbou Unie Carpe Diem-tak.

As ‘n sanger, liedjieskrywer en vermaakliheidskuntenaar het Nataniël sy veelsydige solo loopbaan in 1987 afgeskop met sy eerste treffer Maybe Time. 

Hy het 15 albums bekendgestel, meer as 60 teaterproduksies die lig laat sien en 14 boeke vrygestel. 

Nie net het hy homself gevestig as vervaardiger, regisseur, skrywer, en openbare spreker in sy loopbaan van meer as twee dekades nie, maar word gereken as Suid-Afrika se voorste solo verhoogkunstenaar.

Nataniël wissel voortdurend tussen alternatiewe kunsvorme en die hoofstroom en is hy gereeld in die publieke oog.

Hy het ook onlangs ‘n bundel getiteld 150 Stories vrygestel. 

Hierdie bundel bevat 140 stories, in Afrikaans en Engels, uit ses van Nataniël se vorige publikasies (wat vir ‘n geruime tyd nie meer beskikbaar was nie), asook 10 splinternuwe stories. 

Hy is ook ‘n ambassadeur vir Kinderwelsyn SA en staan aan die hoof van sy eie liefdadigheidsorganisasie, “The Nataniël Progress Project”.

Bespreek nou vir Nataniël in Konsert by die AGS Lofoord in Springs. 

Besoek www.lefra.com vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button