EntertainmentLifestyle

Frans tree in as Dêda

Hy staan in vir Hennie Smit wie verlede Vrydag in die hospitaal opgeneem is vir dubbele-longontsteking en 'n fraktuur aan sy ribbe.

Springs inwoner, Frans Swart, moes inderhaas intree om Hennie Smit se rol van Dêda in My Boetie se Sussie se Ou te speel.

Hierdie produksiespan het Dinsdag in Windoek opgetree.

Smit is verlede Vrydag in die hospitaal opgeneem vir dubbele-longontsteking en ‘n fraktuur aan sy ribbe.

Swart, regisseur van die produksie, sê omdat dit lewensgevaarlik was vir Hennie om die hospitaal te verlaat om te probeer speel, is Vrydagaand se vertoning by die Pretoria Staatsteater gekanselleer.

Swart het die rol oorgeneem vir hierdie naweek se drie vertonings en die een in Windhoek.

Hysê dit was ‘n skrikwekkende ervaring.

Die res van die spelers het hom baie gehelp en leiding gegee in die rolvertolking van Dêda.

Hennie het uit sy hospitaalbed gesê hy voel soos ‘n soldaat wat sy manskappe in die oorlog in die steek laat.

Related Articles

Back to top button