EntertainmentLifestyle

Afrikaanse Musiekfees 13

Lefra Produksies se eerste Afrikaanse Musiekfees het 13 jaar gelede op 31 Augustus 2002 by Carnival City se Big Top Arena begin.

13 jaar later en die besprekings is nou weer oop vir die Afrikaanse Musiekfees 13 wat op 4 September om 7nm gehou sal word.

Tydlose gunstelinge en vars nuwelinge groet die winter en verwelkom die lente op skouspelagtige wyse by die Big Top Arena by Carnival City tydens Gauteng se oorspronklike Afrikaanse Musiekfees.

Vir die afgelope 11 jaar het sowat 200 kunstenaars meer as 35 000 mense vermaak en hulle was van die land se mees bekroonde en gewildste kunstenaars, oud en jonk, hoopvolles en tydlose ikone.

Bloot suiwer Afrikaanse talent.

Van die top kunstenaars wat op een verhoog te siene gaan wees is Bobby van Jaarsveld, Bianca le Grange, Jak de Priester, Jannie Moolman, DJ Ossewa, Lance James, Elizma Theron en vele meer, asook die skreeusnaakse Hannes Brümmer en Melt Sieberhagen as aanbieders vir die geleentheid.

“Soos vorige jare, bring ons net die beste van Afrikaanse musiek saam op een verhoog”, sê Frans Swart, vervaardiger van die Afrikaanse Musiekfeeste.

“Met die Afrikaanse Musiekfees 13 hou ons ons vinger op die pols van kontemporêre Afrikaanse musiek, waar die lyne tussen die verskillende genres so effens gelig word en die resultaat is ‘n eklektiese een, met iets vir elkeen se musieksmaak. Ons probeer om ‘n totale spektrum van kunstenaars aan ons gehore te bied – van meer gevestigde kunstenaars tot splinternuwe, opwindende jong kunstenaars.”

Besprekings kan by Computicket gedoen word by 0861 915 8000 of op die webwerf www.computicket.com

Daar is ‘n afslag vir groepe van meer as 10 mense.

Skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com

Dit is ook ‘n fantastiese geleentheid vir organisasies wat fondse wil insamel.

Related Articles

Back to top button