EntertainmentLifestyle

Pad na jou Hart

'n Film wat jou herinner aan jou jong dae

DVD: Pad na jou Hart

Resensie deur: Annatjie Robertson

DVD moontlik gemaak deur: SterKinekor

Hierdie DVD is ‘n romantiese-avontuur film wat jou sal laat lag, huil en verlief maak op verlief wees.

Een van die min Afrikaanse films wat jou vasgenael hou voor die TV-kassie.

Die twee hoofkarakter rolle word vertolk deur Ivan Botha en Donnalee Roberts, albei bekend vir hul rolle in die sepie 7de Laan.

Ivan speel die rol van Basson van Rensburg, ‘n selfvoldanebesigheidsman, wat slegs vyf dae het om in Kaapstad te kom vir sy pa se begrafnis.

Maar op hierdie reis moet hy sekere take voltooi voordat hy die suksesvolle familiemaatskappy kan oorneem.

Dit is tydens sy reis wat hy die pragtige Amory ontmoet, wat hom ‘n rygeleentheid gee wat sy enigste kans is om betyds in die Kaap aan te kom.

Behalwe vir die pragtige natuurskoon wat hulle ervaar tydens die reis, word hulle ook gekonfronteer met teleurstelling, hartseer en die wete dat op jou lewenspad, dit onvermydelik is dat jy ‘n paar slaggate gaan tref of verkeerde afdraaie gaan vat.

Maar dit maak nie saak hoe moeilik die pad mag wees nie, die pad na ware liefde is waar jy jou ware nood sal vind.

Related Articles

Back to top button