Local sportSport

Toks en Tjops hou weeklikse kletsprogram in Springs

“As jy ’n geel kaart kry, moet jy ’n boete kry na die wedsryd en as jy ’n rooi kaart kry, moet jy die wedstryd uitsit,’ het Paulse gesê.

Toks en Tjops het hul weeklikse rugbykletsprogram op ’n reënerige aand op 8 Maart vir die eerste keer by Stable Springs Inn Lodge in Strubenvale aangebied.

Toks en Tjops is ’n informele program oor die jongste plaaslike en internasionale rugbynuus.

Toks and Tjops is aangebied deur Toks van der Linde, Breuten Palse en Janina Oberholzer.

Die program het begin met ’n gebed gevolg deur ’n paar Afrikaanse en Amerikaanse Country liedjies.

Die gesprek hierdie week was rondom skeidsregters en boetes in wedstryd sowel as die opkomende Wêreldbeker in Japan terwyl chef Vaatjie die tjops op die verhoog gebraai het.

Janina Oberholzer het gevra hoe word skool rugbyspelers wat nie beurse kry nie of nie kan bekostig om universiteit toe te gaan nie, raakgesien.

ALSO READ:

Springs Rugby Club Rugby Day

Tjops het gesê dat finansiële programme baie minderbevoorregte spelers kan help om raakgesien te word.

Die gesprek het verder gedraai rondom die kwessie van skeidsregters en hoe sommige ondersteuners dit baie geniet om dit baie moeilik te maak om ’n skeidsregter te wees.

“Daar is soeveel geld en prestige om die spel, en ons moet eintlik vir hierdie skuidregters sê ‘ons ondersteun julle en julle mag foute maak’.”

Hulle het gesê dat daar te veel druk op hulle is en dat as hul te veel foute maak kan hulle hul werk verloor.

Hulle het ook gepraat oor die televisie skeidregters en hoeveel invloed hulle op die spel het. Toks het gekla oor al die boetes wat skeidsregters uitdeel.

Paulse sê die boetes moet meer streng wees. “As jy ’n geel kaart kry, moet jy ’n boete kry na die wedsryd en as jy ’n rooi kaart kry, moet jy die wedstryd uitsit,’ het Paulse gesê.

“Maar met die huidige reëls, wanneer die spelers ’n geel kaart kry loop hulle van die veld af met ’n glimlag op sy gesig want hy weet hy gaan nie ’n boete na die wedstry kry nie. Hy kan na 10 minute weer gaan speel,” het Paulse gesê.

Hy het ook gesê dat die skeidregters se besluite deur ’n mikrofoon aangekondig word sodat die mense in die stadion kan weet wat aangaan.

Die program was met ‘n paar liedjies afgesluit.

Related Articles

Back to top button