Local sportSport

Negejarige stoeier ontvang stoeier van die jaar toekenning

Die jong stoeier mag dalk net nege jaar oud wees, maar hy voorwaar ’n veggees soos min.

Chris Jansen is tydens die onlangse Oos-Gauteng prysuitdeling as Oos-Gauteng junior stoeier van die jaar aangewys.

Verder het hy ook aan die Noordvaal kompetisie, wat in Menlo Park, Pretoria gehou is, as deel van die Valkespan deelgeneem.

Sy pa Christo Jansen sê die Valke het goed gedoen en tweede in die kompetisie gekom met die Bulle in die eerste plek.

Tydens hierdie kompetisie, wat ’n eerste vir Chris was, was hy glo redelik op sy senuwees.

“Maar,” sê sy pa, “hy het hom weer eens deeglik van sy taak gekwyt en al vier sy gevegte gewen.”

Die klein rakker spog met verskeie prestasies soos onder andere dat hy die o-9 Vrystylkategorie by die Suid-Afkaanse (SA) Jeug Stoeikampioenskappe in die 27kg tot 30kg gewen het.

Chris het ook sy SA kleure, sowel as sy Oos-Gauteng kleure, by die Streek Twee Stoeiliga ontvang.

Tydens hierdie kompetisie het hy ook met ’n goue medalje in die o-11, 22kg vrystylkategorie gespog.

“As pa is ek ongelooflik trots op hom vir wat hy in 2017 vermag het.

“Voor elke geveg bid Chris eers en ons glo dit is waar hy sy krag vandaan kry,” sê Chirsto.

Die stoeier se afrigter Rassie Erasmus is soos gewoonlik by elke wedstryd sy aan sy met Chris en lei hom stap vir stap deur elke wedstryd.

Related Articles

Back to top button