Local sportSport

Prysuitdeling, beloning vir harde visvang kompetisies

Hengelaars tevrede met pryse van die jaar.

Die CCHK hengelklub het Saterdagaand hul jaarlikse prysuitdeling in Brakpan gehou.

Die prysuitdeling merk die einde van ’n besige maar suksesvolle visvangseisoen.

Mariaan Roets sê die totale visse deur die klub vir die 2017 seisoen gevang was 1 704 met ’n totale gewig van 1 135kg.

Attie Roets was die algehele wenner wat 269 visse gevang het en daarmee ’n totale punt van 1 966.5 kon behaal.

Die pryse is soos volg uitgedeel:

Mans – Albert Louw het weer eens die prys gewen. Hy het 36 visse gevang wat hom 193.5 punte in die sak gebring het.

Dames – Nuwe klublid Carina Pretorius het met die prys weggestap.

Sy het 24 visse gevang wat aan haar 260.9 punte besorg het.

Junior – Keagan Bothma is hierdie jaar se wenner en het 78 visse vir 690.9 punte verower.

Penkop – Giani Wattrus is die penkop van die jaar met 19 visse en 217 punte.

Lammer – Kaitlyn Pretorius het vier visse gevang en 168.2 punte verower.

Die klub se volgende kompetisie vind Saterdag by Draaifontein vanaf 6vm tot 4nm plaas.

Die kompetisie is dan die eerste kompetisie vir die 2018 seisoen.

Enigiemand wat belangstel om saam te kom hengel is welkom om hulle Saterdag om 5.30vm by die hek van Draaifontein te ontmoet.

Related Articles

Back to top button