Local sportSport

Junior stoeiers wys hul krag

Vier plaaslike junior stoeiers wys hul kan hul man staan op die stoeimat.

Chris Jansen (9), Jan-Hendrik Breedt (9), Jano Havenga (9) en Johan Breedt (12) is almal boksers van die Brakpan Stoeiklub, onder afrigting van Rassie Erasmus, wat glo stoei is ‘n sport wat jou sterk maak.

Jan-Hendrik sĆŖ hulle leer baie tegnieke en dissipline van hul afrigter Rassie.

“Dit is harde oefeninge, maar ons geniet dit,” sĆŖ hy.

Hulle is ook leerlinge van Laerskool Jan van Riebeeck en vertel hulle is trots om by die skool erken te word.

Tydens die onlangse Gauteng-Oos kampioenskappe wat in Primrose, Germiston gehou is, het Jan-Hendrik met ‘n goue medalje in die o-9 vrystyl weggestap.

Jano het ‘n silwer medalje in die vrystyl o-30kg kategorie, sowel as ‘n silwer medalje in die o-10 vrystyl, verower.

Vir Jano is die beste wat hy uit stoei leer die selfverdediging.

“Dit is nou vir ingeval iemand my wil boelie, dan sal ek myself kan verdedig,” sĆŖ hy.

Chris Jansen spog met ‘n silwer medalje in die o-9 vrystyl, terwyl Johan Breedt in die o-13, 39 tot 42kg kategorie ‘n silwer medalje verower het.

Hy het ook ‘n derde plek in die junior 39 tot 42kg vrystyl kategorie behaal.

Jano en Chris was onder die paar verkose stoeiers wat onlangs aan die Streek Twee Stoeiliga in Secunda deelgeneem het.

Chris spog met ‘n goue medalje in die o-11, 22 kg vrystyl kategorie.

In die o-11, 27 tot 30kg, waar ses stoeiers deelgeneem het, het Jano ‘n vierde plek behaal.

DiƩ vier stoeiers is verkies om vanaf 5 tot 7 Oktober aan die Suid-Afkaanse Jeug Stoei Kampioenskappe in Turffontein, Johannesburg, deel te neem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button