Local sportSport

Grotes wil nie byt, kleines vang te lekker

Na weke van beplanning het die Afrikaanse Protestante Kerk Fonteine se hengeldag laas Dinsdag (21 Maart) reeds om 2vm begin vir sekere organiseerders.

Marisa Gerber, een van die organiseerders van die dag, vertel dat die weer lieflik was na ‘n paar koue dae in Springs.

“Die vis was aanvanklik maar traag om te byt, maar niks kon egter die wonderlike gees wat daar geheers het demp nie,” sê Marisa.

Deelnemers, kinders, organiseerders, werkende susters en ondersteuners het almal hard saamgewerk om van die dag ‘n reuse sukses te maak.

Die wenner van die dag wat die swaarste karp gevang het van 0.5kg was Johan Huges.

Hy het R2 000 gewen vir hiérdie prestasie.

Ruan Buitenbach en sy 0.37kg karp het tweede plek behaal en weggestap met ‘n prys van R1 000.

In derde plek het die wenprys van R500 na JJ Kriek gegaan wat die swaarste baber van 4.18kg gevang het.

Marisa vertel dat hulle ook ywerige junior hengelaars gehad het wat klaarblyklik volg in hul vaders se voetstappe.

Retief Pentz het weggestap met die eerste prys in die junior kategorie toe hy die swaarste baber van 0.21kg gevang het.

Nie ver agter in die gewigsklas nie, was Evan Webb met ‘n baber van 0.18kg in tweede plek.

Jano Grobbelaar kon ook ‘n plek behaal in die top drie junior kategorie met sy allemintige 0.11kg baber.

Oud en jonk het saam die dag ‘n sukses gemaak en alhoewel die groot visse nie wou byt nie, het almal die heerlike dag geniet.

Related Articles

Back to top button