Springs rugbyspelers word erken tydens prysuitdeling

Springs Rugbyklub het Saterdagaand hul jaareindfunksie by die klub gehou waar verskeie spelers trofees ontvang het.

William de Jongh het ’n trofee ontvang vir sy bydrae tot die o-11, o-13, o-15 en o-18 Springs Jeugspanne wat algehele Valke-wenners was tydens die rugbyseisoen.

Die uitslae van die prysuitdeling was as volg:

Marcelle de Kock is aangewys as die o-19 Speler van die Jaar terwyl Francois Prinsloo die o-21 Speler van die Jaar trofee ontvang het.

Gerhard Jordaan is aangewys as die Junior Speler van die Jaar.

Die tweedespan Speler van die Jaar is Altus Stander.

Lihan Pretorius is aangewys as die Skeidsregter van die Jaar.

Die speler wat die Meeste Punte vir die Jaar-toekenning ontvang het is Dawie van Niewenhuizen.

Dawid Wools het die meeste drieë gedruk tydens die seisoen en het die Meeste Drieë vir die Jaar trofee ontvang.

Hy is ook aangewys as die Mees Opkomende Speler van 2016.

Hennie ‘Bees’ Nel spog met die Voospeler van die Jaar trofee.

Die beste Agterspeler van die Jaar trofee is aan Johan Zondagh oorhandig.

Wynand Venter is gekroon as die eerstespan se Speler van die Jaar.

Die Klubman van die Jaar trofee is aan Eugene de Wet oorhandig terwyl Dowayne Botha die Sportman van die Jaar-toekenning ontvang het.

Rudolf Cronje, voorsitter van Springs Rugbyklub het hand bygesit terwyl Boeta Moodie, die president van die klub, die trofees oorhandig het.

“Die 2016 seisoen was ’n bou jaar vir die klub en ons het groot verwagtinge vir die 2017 rugbyseisoen,” sê Rudolf.

Oefening vir die nuwe seisoen het alreeds begin en vind plaas elke Dinsdag en Donderdag vanaf 6.45nm tot 8nm by die klub.

Exit mobile version