Local sportSport

Video: Fernando spog met 15 stoei titels

Fernando Booysen (14) het weereens weggestap met vier wenne by die Noordvaal Stoeikampioenskappe wat Saterdag plaasgevind het.

Hy was deel van die Valkespan en het teen vier teenstanders in die o-15 afdeling te staan gekom.

Dirk Booysen, Valke spanbestuurder en ook Fernando se pa, sê hy is baie trots op sy seun se vier wenne.

“Die span het besonder goed gestoei, wat aan ons ’n algehele tweede plek verskaf het, met die Bulle in die eerste plek.”

Hierdie graad agt leerling aan Hoërskool Hugenote spog nou met 15 stoei titels.

Hy het in sy stoeiloopbaan die Presidente Vrystyl Kampioenskappe vier keer gewen, die Presidents Grieks-Romeins drie keer, vyf keer die Jeug Vrystyl kampioenskappe verower en drie keer koning gekraai in die Jeug Grieks-Romeins kompetisie.

Lees: Fernando is tuis op stoeimat

Fernando het onlangs in die o-15 afdeling sy teenstander Greg Reeves in ?’n bestek van agt sekondes in die eerste rondte neergepen.

Dit het tydens die Suid-Afrikaanse Jeug Grieks-Romeinse o-15 Kampioenskappe in Pretoria plaasgevind.

Dirk vertel dat elke wedstryd uit twee rondtes van drie minute bestaan, wat hierdie ’n besondere prestasie maak.

Tydens die SA Jeug Vrystyl Kampioenskappe het hy ook sy o-15 opponent Janus Kruger in 30 sekondes in die eerste rondte neergepen.

Lees: Springs’ own wrestling champ

“Ek was goed voorbereid vir die kampioenskappe en het baie hard geoefen,” sê Fernando.

Net voor die kampioenskappe het Fernando siek geword en het hy 1.5kg verloor.

“Die gewigsverlies het my glad nie afgeskrik nie en geen invloed op my emosies gehad nie,” sê hy.

Fernando het by ’n vorige geleentheid genoem dat hy elke teenstander en wedstryd op eie meriete veg, en die Noordvaal kampioenskappe was weereens ’n voorbeeld van sy determinasie om elke geveg te wen.

Hy is deel van ’n Suid-Afrikaanse toergroep wat op 4 November na Leipzig, Duitsland vertrek.

Dirk sê sy seun sal saam met die toergroep wees tot 17 Desember, waarna hy weer as uitruilstudent aan oefenkampe en kompetisies gaan deelneem.

Fernando sal in Leipzig bly en op 22 Desember na SA terugkeer.

Related Articles

Back to top button