Local sportSport

Spelers gesoek vir Valke o-20 rugby proewe

Die Valke Rugby Unie versoek klubs en skole in die Valke streek om spelers na die Valke o-20 groep proewe te stuur.

Gesie van der Merwe, Valke rugby bestuurder, sê dit moet spelers van provinsiale gehalte wees.

Die proewe word Maandag (9 Mei) gehou by VUT Rugbyklub by die Barnard Stadion in Kemptonpark sowel as by die Boksburg Rugbyklub by die Prince George Stadion in Boksburg.

Nog proewe sal gehou word Woensdag (11 Mei) by die Valke Rugby Unie, ook by die Barnard Stadion.

Slegs spelers wat in 1998 gebore is, en reeds 18 jaar oud is teen 25 Mei, of wat in 1996 of 1997 gebore is, kan kwalifiseer om vir die o-20 span te speel.

Vir meer inligting kontak Gesie by 011 975 2882 of e-pos na gesie@valke.co.za of Jannes Badenhorst by 082 858 4390.

Related Articles

Back to top button