Local sportSport

Protea ringbal wenners

Verskeie ringbal spelers van Welgedacht Ringbalklub was deel van die Protea Ringbalspan wat in Desember aan 'n toernooi in Namibië deelgeneem het.

Die toergroep het mans, dames en o-17 seuns en dogter spanne ingesluit.

Elize Chapman, span bestuurder van die o-17 dogter span, sê sy is baie trots op haar span. Saam met Elize was daar nog Welgedacht spelers insluitend Magdelise Tieleman, Elri van Wyk, Lecrisa Maas, Fanie de Bruin, Clinton Hiepner en Sus Louw wat deel was van die toergroep.

Sus is tans die Protea afrigter en Clinton ‘n skeidsregter.

Die uitslae is soos volg:

Die o-17 seuns span wen hul twee wedstryde met ‘n telling van 42-6 en 42-10.

Vir die mans span was dit maklik om hul twee wedstryde teen Namibië met ‘n telling van 102-2 en 66-2 te wen.

So ook vir die dames span wat as oorwinnaars uit die stryd getree het deur Namibië 46-8 en 52-2 te klop.

Sus sê dit was ‘n suksesvolle toernooi gewees.

“Suid-Afrika kan trots wees op al die ambassadeurs wat die land verteenwoordig het in Namibië,” sê sy.

Related Articles

Back to top button