Local sportSport

Kobus groet rugbyklub

Presidentsdam inwoner Kobus van Rooyen (53) handig na 17-jaar sy afrigtersleisels in.

Sedert hy in 1999 by die Springs Rugbyklub aangesluit het, het Kobus se spanne talle oorwinnings behaal.

Onder sy leiding het die eerstespan vir 12 agtereenvolgende jaar die Valke Premier klubliga gewen.

“Ons was vyf keer die Valke Sewes klubwenners en het twee keer die Plaat by die Nasionale Klubkampioenskappe verower,” sê hy.

Die span het ook die halfeindstryd van die Klubkampioenskappe in Pretoria in 2009 gehaal.

Kobus was vir vyf jaar die afrigter van die Valke amateurspan wat twee jaar na mekaar tot die finaal deurgedring het. Hy was ook die afrigter van die Valke Vodacomspan in 2009.

Op skool het Kobus al uitgeblink as rugbyspeler en het in 1979 in die Cravenweek gespeel. Hy het ook in 1980, tydens sy matriekjaar by Hoër Seunskool Hugenote, as kaptein vir die eerstepan uitgedraf. Hy onthou hoe fantasties dit was om die Beeldtrofee, die destydse Adminbeker, te deel met Hoërskool Monument.

Tydens sy rugby loopbaan het Kobus in 135 wedstryde vir die Valke oftewel die Oos Transvaal gespeel vanaf 1981.

Omdat hy glo rugby is in sy bloed het hy na sy speeldae belangstelling getoon in afrigting.

“Dit was veral die strategiese kant van rugby wat my belangstelling geprikkel het en gemaak het dat ek dan ook so by afrigting betrokke begin raak het,” sê hy.

“Dit was n fantastiese tyd in my lewe en ek het ongelooflike vriende gemaak,” sê Kobus.

Hy voel die tyd het egter aangebreek om ‘n rustyd van rugby te neem.

Hans Botma, president van die rugbyklub, sê hulle het lekker saamgewerk.

“Dit is hartseer dat hy klaar maak by die klub, maar dit is belangrik dat hy nog betrokke bly in ‘n raadgewende hoedanigheid,” skimp Hans.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Related Articles

Back to top button