Local sportSport

Tom word vereer

Springs inwoner, Tom van Vollenhoven (80), is Saterdag vereer met 'n nommer 80 rugby trui tydens 'n rugbydag wat gehou is by die Springs Rugbyklub.

Tom, ‘n rugby legende, het reeds in April 80 jaar oud geword, maar Dave van Reenen, die funksie organiseerder, het dit goed gevind om die funksie te skuif tot na die WĂŞreld Rugbybeker.

Dave verduidelik Tom het ‘n geweldige groot bydrae gemaak tot die Suid-Afrikaanse Rugbyliga (SARL) en is die langslewende klubpresident.

Tom sĂŞ hy is bly die jong spelers geniet dit nog om rugbyliga te speel.

Tydens diĂ© rugbyliga bestaan die span uit 13 spelers en vind daar geen lynstane plaas nie. “Tydens die skrums word die bal ook baie vinniger uitgegee,” sĂŞ Dave.

Elke drie wat gedruk word tel vier punte, ‘n strafskop en verdoeling twee punte en ‘n skepskop slegs een punt.

Laatmiddag het Tom se span, TVV80 XIII, uitgedraf teen die SARL President XIII-span. TVV80 XIII se truie is almal gemerk met ‘n nommer 80 en twee foto’s van ‘n jong en ouer Tom.

Die TVV80 XIII-span het 13 drieë ingehardloop teenoor die SARL President XIII-span se vier om die wedstryd 64-20 te wen.

Na afloop van die wedstryde het Tom ‘n soortgelyke trui ontvang wat geteken is deur al die spelers. “Dit is ‘n voorreg om op so manier vereer te word,” sĂŞ Tom.

Antoon ‘Tone’ van Rensburg, lid van die SARL, sĂŞ almal kan getuig van die invloed wat Tom op diĂ© spel gehad het en steeds het.

Tom het Suid-Afrika as Springbok vleuel en senter in sewe toetse verteenwoordig gedurende 1955 en 1956.

Hy het Suid-Afrika verlaat in 1957 om ligarugby te speel in St Helens, Engeland. Daar het hy 392 drieë in 408 wedstryde gedruk totdat hy na Suid-Afrika terug gekeer het in 1968.

Tom het ‘n groot bydrae gelewer tot die stigting van die SARL in 1988.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Related Articles

Back to top button