Local sportSport

Ses spelers haal SA ringbalspanne

Ses spelers van die Welgedacht Ringbalklub is aangewys as spelers wat Ringbal Suid-Afrika gaan verteenwoordig in Desember by 'n internasionale toernooi.

Die toernooi vind plaas in Namibië vanaf 10 tot 15 Desember.

Sus Louw is aangewys as die Protea afrigter en Clinton Hiepner as die Internasionale Ringbal Federasie skeidsregter.

Elri van Wyk gaan vir die Dames Senior Proteaspan uitdraf terwyl Fanie de Bruin vir die Senior Mans Proteaspan gaan speel.

Magdelise Tieleman, ‘n Hoërskool Hugenote leerling, is gekies vir die dogters o-17 Proteaspan terwyl Elize Chapman dié span se bestuurder is.

Sus sê dit is voorwaar ‘n groot prestasie dat Welgedacht klubspelers SA verteenwoordig.

Sy sê Hoërskool Hugenote lewer nie net Springsbok rugbyspelers op nie, maar ook Protea spelers en afrigters.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Related Articles

Back to top button