Eer aan rugbyspelers gegee

Die Springs Rugbyklub het Vrydagaand hul jaarlikse prysuitdeling gehou na afloop van die opwindende rugby seisoen.

Jan Schoeman was aangewys as klub man van die jaar en die belowendste agterspeler van die jaar was Wynand Venter.

Calvin Jantjes het die trofee vir die belowendste voorspeler van die jaar ontvang.

Schalk O’Callaghan het die eer ontvang vir opkomende speler van die jaar, Anton van Deventer het die trofee verower vir meeste drieë gedruk vir die jaar en Johan Zondag was aangewys as die speler wat die meeste punte aangeteken het vanjaar.

Spelers van die jaar:

Die sportman van die jaar erkenning was toegeken aan Francois Roux terwyl die o-21 span ook aangewys was as die wenners in beide die ASSUPOL en Valke ligas.

Exit mobile version