Local sportSport

Spier-tierwyfie van Springs plaas tweede

Gespierde vrou van Springs is gekies vir SA-span vir Verenigde Koningkryk (VK) kompetisie.

Springs se Marelize Stander (31) het onlangs tweede geplaas by die Internasionale Federasie van Liggaamsbou (IFBB) en Fiksheid Suid-Afrika se nasionale kompetisie wat by die Sandton Konferensiesentrum gehou is.

Sy het ’n tweede posisie in die dames liggaamsfiksheid afdeling verower.

“Die IFBB het my ook gekies vir die Suid-Afrikaanse span en ek neem op 30 Oktober in Liverpool, in die Verenigde Koninkryk (VK), deel aan die Amatuur Olympia VK kompetisie,” verduidelik Marelize.

Sy vertel dat sy ook gekies is om volgende jaar Mei-maand aan die Arnold Klassieke kompetisie deel te neem.

Marelize oefen tans by Hoërskool Hugenote waar sy ook deeltyds as persoonlike fiksheidsinstruktrise werk.

Related Articles

Back to top button