Local sportSport

Jong vegkuns studente vaar goed

Jong gemengde vegkuns studente van die Rio Grappling Klub het onlangs wonderlik presteer by Casca Grossa, ’n Brasiliaanse jui-jitsu (BJJ) toernooi by die Lugmag Gimnasium in Centurion.

Daar was 96 deelnemers op die dag van 14 verskillende klubs regoor Suid-Afrika.

“Alhoewel my junior studente nog nie BJJ eet, slaap en leef nie, sit hulle baie tyd in met oefening en wys ongelooflik baie vasbeslotenheid en uithouvermoë,” vertel die studente se trotse afrigter, Stefan Pretorius.

Zak van Ransburg (7) het in die liggewig afdeling geveg, Teuns van Ransburg (9) in die middelgewig afdeling en Xander Oosthuyzen (10) in die veergewig afdeling.

Xander het goud in sy afdeling gewen, Teuns silwer en Zak het die vierde plek behaal in sy divisie.

Die studente se volgende Brasiliaanse jiu-jitsu kragmeting is op 24 Oktober in Kemptonpark waar hul aan die Pride Brasiliaanse Jiu-Jitsu en Gappling Kampioenskappe gaan deelneem.

Related Articles

Back to top button