o-12 rugbyspan is tops

Die junior klub rugby seisoen het die afgelope naweek ten einde geloop toe die Springs spanne by Elspark Rugbyklub gaan speel het.

Springs se o-12-span het op ’n hoë noot afgesluit met ’n 41-5 oorwinning teen die Union Bulldogs en dring nou deur na die semi-finale.

Ten spyte daarvan dat hierdie laaste klubdag met ’n langnaweek saamgeval het, het al die spanne geesdriftige ondersteuning geniet.

Klub sekretaresse, Karin Prinsloo, sê sommige ouers het selfs hulle naweek weg onderbreek sodat hulle seuns hierdie laaste wedstryd kon speel.

“Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende die seisoen en ons vertrou dat ons in 2016 kan voortbou en dat meer seuns by hulle plaaslike klubs betrokke sal wees,” verduidelik sy.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Exit mobile version