Cheetas deur na halfeindrondte

Die Cheetahs het Saterdag tydens die Super 16 Gholf Toernooi as wenspan uitgetree by die Springs Country Club.

Die 16 spanne het reeds aan die begin van die jaar die gholfbaan behoorlik aan die gons gehad met hul gholf vernuf.

Die Cheetahs het met 93 punte gewen terwyl Nickey Minnaar die individuele wenner was met 43 punte op uittel.

Die Beterbal Stableford kompetisie uitslae is as volg:

Reinhardt Reichel en Stefan de la Rey is die wenners met 53 punte, en Connie Wiid en William Hunter het in die tweede plek met 50 punte geëindig.

Stefan Prinsloo en Ilana Prinsloo het die derde plek verower met 49 punte terwyl Magda Pienaar en Shirley van Wyk die vierde plek gehaal het met 48 punte. Rod Stephens en Dot Zerbst se 47 punte het vir hul die vyfde plek besorg.

By putjie nommer 8 het Reinhardt Reichel die naaste aan die ‘pin’ geslaan terwyl Job Skosana dit reggekry het by die 12de putjie.

Die spanne wat deurgaan na die halfeindrondtes en teen mekaar speel op 10 Oktober is:

Cheetahs vs Reds en Stormers vs Highlanders.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Exit mobile version