Local sportSport

Jeug rugby verwelkom seisoen

Springs Jeug Rugby het Saterdag die eerste van twee klubdae vir die 2015 seisoen aangebied.

Suikerbosrand, Kempton Park, Benoni, Elsburg, Brakpan, Bobbies Polisie Jeug, Springs, Delmas, Vereeniging, Boksburg Uile en Vanderbijlpark is deel van die groep klubs wat Saterdag hul eerste wedstryde gespeel het.

Die Springs o-6 span het twee wedstryde gespeel. Tydens die eerste wedstryd het hulle gelykop met 3-3 teen Brakpan gespeel en die tweede wedstryd teen Benoni gewen met ’n telling van 7-5. Hul afrigter Rinus Botha is baie trots op sy span.

“Hierdie bulletjies speel ‘tag rugby’ waar ’n band om die speler se middel gebind word, met ’n tag aan elke kant wat afgetrek moet word deur die opponent span,” verduidelik Karin Prinsloo, die o-12 span se administratiewe bestuurder.

Sy sê dit word gedoen vir elke speler se veiligheid en dit leer die spelers ook tegnieke wat nodig is wanneer hulle later dan met die ‘tackle’ begin.

Die o-7 span het 2-4 teen Elsburg verloor.

Die o-8 span het twee wedstryde teen Boksburg Uile gespeel en albei wedstryde verloor.

Die o-7 en o-8 spanne se afrigter Alan Chapman is trots op sy spelers.

“Die o-12 span se wedstryd teen Suikerbosrand was ’n sege oorwinning, maar ’n harde wedstryd,” sê William de Jongh hul afrigter. Die span se ander breier is Hein Lessmann.

Met ’n eindtelling van 26-5 het die spelers hul afrigter herinner aan sy belofte om vir elkeen ’n koeldrank te koop of hul nou wen of verloor! Hanru Lessman het twee drieë gedruk, Brandon Smit een drie en Ruan de Jongh een drie. Jacques Bekker het drie drieë verdoel deur die bal sekuur deur die pale the skop.

Die o-14s het by die Universiteit van Johannesburg (UJ) gespeel en triomfantelik teruggekeer huis toe met ’n 20-10 oorwinning.

“Dit is ’n goeie gevoel om teen sulke groot manne te kan wen,” sê Louwrens Janse van Vuuren, die afrigter.

Die o-18 span het hul wedstryd verloor, maar hul afrigter Rudolph Cronje sê dit is die begin van die seisoen en hy bly positief.

Rudolph verduidelik dat elke klub voorheen een dag gekry het om gasheer te speel vir al die klubs, maar met die nuwe seisoen is die klubs in twee groepe verdeel. Elke klub kry nou twee klubdae en die klubs word ook geskommel sodat aan die einde van die seisoen, almal ten minste een keer teen mekaar gespeel het.

Ander spanne wat weg gespeel het, het by Bobbies Jeug Polisie Klub gespeel.

Die volgende rondte jeug rugby wedstryde vind op 12 September plaas.

Related Articles

Back to top button