Local sportSport

Ringbal prysuitdeling ’n sukses

Ekurhuleni-Oos Ringbal se jaarlikse prysuitdeling is Vrydagaand by Little Paradise gehou.

Die spanne wat Ekurhuleni-Oos gaan verteenwoordig by die jaarlikse SA kampioenskappe, is ook aangekondig. Die nasionale kampioenskap vind in Margate vanaf 4 tot 10 Oktober plaas.

Pryse en toekennings was uitgedeel aan al die bestuurders, spelers en afrigters wat deur die loop van die jaar presteer het.

Die toekennings het ingesluit:

  • Sportpersoon van die jaar: Madelein Smit
  • Speler van die jaar: Rhyno Smit
  • Speelster van die jaar: Elri van Wyk
  • Opkomende speler van die jaar: Arno van Tonder
  • Junior speler van die jaar: Robbie Patterson
  • Junior speelster van die jaar: Lee-Anne Greyvenstein
  • Skeidsregter van die jaar: Clinton Hiepner
  • Opkomende skeidsregter van die jaar: Jessica Chapman
  • Afrigter van die jaar: Tommy Chapman
  • Opkomende afrigter van die jaar: Bianca Vorster
  • Spanbestuurder van die jaar: Sus Louw
  • Opkomende spanbestuurder van die jaar: Riekie Grobbelaar

Related Articles

Back to top button