Welgedacht ringbalvroue is ‘n span om mee rekening te hou

Verskeie dorpe het deelgeneem aan die begin van die Ringbal-liga wedstryde wat Saterdag by Welgedacht se bane, in Springs, plaasgevind het.

Tydens die C-liga gekombineerdespan westryd teen Brakpan se gekombineerdespan, het Gabi Cameron, Marcus Fourie en Mischa Lee Scott hard probeer om doele sekuur in te gooi, terwyl Jurain Scott en haar ander twee middelspelers probeer het om die bal in hul guns te draai.

Maar hulle moes uiteindelik die spit afbyt en het met ‘n telling van 40-18 verloor.

Selfs die verdediger, Fransie Cox, en die ander spelers het alles in hul vermoë gedoen om te keer dat die opponente die bal in die hande kry.

In die mans-afdeling het die Welgedacht mans se span teen Brakpan mans te staan gekom en die wedstryd met 58 doele teen Brakpan se 46 gewen.

Welgedacht se doelspeler, Ian Chapman, Danie Louw en Sakkie Botha het seker gemaak dat hulle die bal met elke geleentheid in die doelsakkie gooi.

Dit was ‘n tawwe wedstryd en die skeidsregter, Aneli Patterson, het seker gemaak dat dinge nie hand uitruk nie.

Met ongeoorloofde vernuf het sy die spel dadelik vasgevat en die oppenente gestraf waar dit nodig was.

Welgedacht se twee dames A-spanne het teen mekaar gespeel en Welgedacht se A1-span het die A2-span met 72-16 punte geklop.

Die doele, Yolandi Smuts, Chantelle Gionanangelo en Emsie Keyter, het nie ‘n bal mis gegooi nie.

Spanbestuurder Sus Louw sê dié span se doelgooiers het bewys dat daar met dien span rekenskap gehou moet word.

Welgedacht het besonder goed vertoon en het ook hulle wedstryde teen die Ankerklub met 78 doele teen 10 gewen.

Sus sê die vroue-liga gaan behoorlik vlam vat wanneer die Welgedacht A1 vrouespan Saterdag teen Brakpan dorp se A-span speel.

Die nasionale toernooi vind vanjaar in Margate plaas.

Almal wat belangstel om deel te wees van die Ringbalklub en wat liga wil speel kan vir Sus kontak by 071 362 8920, Elize Chapman by 083 450 6405 of Tommy Chapman by 083 338 8591.

Exit mobile version