Local sportSport

Springs se o/21 rugbyspan is wenners

Die o/21 rugbyspan van Springs Rugby Klub is die enigste span wat tydens Saterdag se wedstryde teen Brakpan gewen het, met 'n telling van 24-23.

Die naelskraap oorwinning is genoeg om die jongmanne opgewonde te maak oor opkomende wedstryde teen Noordwes Universiteit Vaal.

Nukhleko Ngubeni, Thys de Beer en Lwazi Msibi het vir die span se drieë gesorg, terwyl Gerhard Jordaan die strafskop tussen die pale geplaas het.

Die tweedespan moes egter die knie buig voor hulle opponente.

Wimpie Hamman het ‘n drie gedruk en JJ Visser het een doelskop en twee strafskoppe sekuur deur die pale geskop, wat die telling op geskuif het na 13-23.

Vroeg in die eerstespan se wedstryd het Brakpan ‘n strafskop afgestaan, wat vir Springs ‘n voorsprong van 3-0 op die puntebord gegee het.

Nie lank daarna het Brakpan opgevolg met ‘n drie en oorgeskop, wat die puntetelling opgeskuif het na 7-3 in Brakpan se guns.

Kelvin Jantjies het die skare op hul voete gehad met ‘n spog drie.

Johan Zondagh het sy skopskoene aangetrek en sy doelskop het die punte na 10-7 verander.

Hy het nog ‘n doelskop tussen die pale geplaas, nadat Schalk O’Calaghan sy drie gedruk het.

Met Brakpan wat vier strafskoppe afgestaan het, het dit Zondagh se taak om almal oor te skop maklik gemaak.

Met ‘n puntetelling van 26-29, moes die eerstespan die knie buig teen Brakpan se eerstespan.

Saterdag sal Springs se spanne weg speel, teen Noordwes Universiteit Vaal.

Related Articles

Back to top button