Sport

Gholf Akademie in Springs lei jonges op

Johannes leer juniors om bobaas gholf te speel by Springs Country Club.

‘n Gholf Akademie in Springs het onlangs begin om vir kinders van die ouderdom van ses en op, op te lei om hiérdie spel te kan speel en te geniet.

Johannes Geldenhuys (29) het hierdie gholf akademie by die Springs Country Club gestig omdat dit sy passie is en hy graag vir die jonges daar buite wil leer hoe om hierdie spel behoorlik te speel.

Hy vertel dat hy alreeds ‘n gevestigde akademie in Delmas het, en dat hy graag wil hê die een in Springs moet suksesvol wees.

Johoannes speel al 19 jaar gholf en van die ouderdom van 10 was hy passievol oor hierdie spel en hy vertel hoe dit hom dryf.

“Ek leer kinders alles van gholf, die tegniese aspekte van gholf, die sielkundige aspekte asook die taktiese reëls  en hoe om die tegniese dele van die spel toe te pas op die baan.”

Hy is ook ‘n lid van die ‘Professional Golfers’ Association’ (PGA).

Vandag (Sondag) was daar 20 kinders wat in die eerste amptelike junior gholf kompetisie in Springs deelneem wat deur Johannes geleer word.

Een keer per maand op ‘n Sondag sal daar ‘n junior gholf kompetisie gehou word by Springs Country Club.

“Ons het ook ‘n fonds gestig vir privaat eienaars en besighede wat kinders borg wat nie fondse het nie en wat ons ook help borg in die sin van gholf lesse en om fondse te borg vir speelkoste en al daai klas van dinge,” sê Johannes.

 

Related Articles

 
Back to top button