Jessica verwerf internasionale kleure

Van nasionale korfbal ster tot internasionale SA aksienetbal ster.

Jessica Lessing (19), van Geduld, het onlangs internationale kleure in die o-21 aksie netbal toernooi ontvang, wat in Kaapstad plaasgevind het.

Sy is ook gekies vir die SA aksienetbalspan, wat volgende jaar die wêreldbeker toer na Nieu-Seeland gaan aanpak.

“Ek het vir vier jaar hard gewerk om nasionale kleure te kry, en nou het ek internasionale kleure verwerf,” vertel Jessica.

Jessica speel al vandat sy 10 jaar oud is Oos-Gauteng netbal en sy sê haar oom, Theuns Krause (68), is haar grootste inspirasie.

“Hy het my vir jare morele ondersteuning gegee,” vertel sy.

Sy het ook vir die Hoërskool Johan Jurgens se eerste netbalspan gespeel.

Haar gunsteling posisie in die span is verdediger, maar sy sê sy kan in enige posisie speel.

“Ek het nog nie een van haar toernooie gemis nie, ek stap die hele ervaring saam met haar deur,” vertel Theuns.

Jessica het nasionale kleure vir korfbal ontvang en is in 2013 vir die Proteaspan gekies.

As gevolg van ‘n besering moes sy onttrek, maar sy vertel dat sy toe meer op netbal begin fokus het.

Exit mobile version