Local sportSport

Toegewyde fietsryer oefen in Springs

"Van my vriende en familie bly naby so as ek die kans kry dan ry ek in Springs," vertel Adolf.

Adolph Krige (26) van Pretoria is hard aan die oefen vir sy 10de Panorama Toer, wat oor ‘n tydperk van vier dae in die Witrivier omgewing sal plaasvind.

Die toer begin op 25 April en eindig 28 April.

Hy sê dié is definitief elke jaar die hoogtepunt op sy kalender en sy mikpunt is om hierdie jaar eerste te eindig.

Alhoewel hy nie in Springs woon nie geniet hy dit om nou en dan hierheen te ry.

“Van my vriende en familie bly naby so as ek die kans kry dan ry ek hier,” vertel Adolph.

Ander hoogtepunte in sy fiets-loopbaan was ‘n derde plek in een van die vele Mauritius toere waaraan hy die afgelope ses jaar deelgeneem het.

Hy was in 2013 die Gauteng Fietsry Kampioen, eerste in die gemengde tandem-afdeling by die Argus en ook die SA Tandem Kampioen.

Related Articles

Back to top button