Juskseispan na nasionale kampioenskappe

Drie van die Springs klub het meegeding.

Drie lede van die Springs Jukskeiklub het onlangs aan die nasionale B en C jukskei kampioenskappe deelgeneem.

Harriet van Loggerenberg, Steve Ras en Paul Booyse het as deel van die Oos-Gauteng span teen spelers vanoor die land in Kroonstad meegeding het.

Harriet het in beide die B en C gemende spanne deelgeneem en het die merietespan gehaal.

Steve het in die B1 span deelgeneem, wat tweede plek in die kampioenskap gehaal het.

Paul het in die B en C spanne meegeding.

Juksei is ‘n familiesport en die deelnemers sê dit voel elke jaar goed om ou vriende by die nasionale kampioenskappe weer te sien.

Exit mobile version