Local sportSport

Megan is junior sportvrou van die jaar

Megan Wilke het hierdie jaar in verskeie atletiek kampioenskappe presteer.

Sy sê dit is ‘n eer om dié toekenning reeds in haar eerste jaar op universiteite te ontvang.

Nog ‘n prestasietoekenning wat sy onlangs ontvang het is van die Fakulteit van Opvoedingswetenskappe vir uitstekende prestasie in sport.

Sedert Megan in Graad Agt by Dr Johan Jurgens Hoërskool aan atletiek begin deelneem het, het sy besonder presteer in spiesgooi.

Sy is tans die Nasionale Junior Spiesgooi Kampioen van Suid-Afrika.

Megan het baie uitgesien om universiteit toe te gaan al het sy soos enige ander student nie geweet wat om te verwag nie.

Sy studeer tans vir ‘n B.ed graad intermediêr en senior fase.

Sy het met met trots die universiteit se klere gedra en met al haar goue medaljes en prestasies. By die provinsiale atletiekkampioeskappe het sy haar provinsie verteenwoordig op junior en senior vlak.

Vroeg in die jaar het sy goue medaljes en ‘n silwer medalje by verskeie atletiekbyeenkomste verower.

Hierdie Casseldale inwoner het ‘n persoonlike beste van 54.69m gegooi in Sasolburg en het ‘n nuwe rekord van 52.03m opgestel in April.

Nadat sy in Mei gekies is vir die Suid-Afrikaanse (SA) junior atletiekspan het sy aan die Southern Region byeenkoms deelgeneem in Potchefstroom, waar verskeie lande deel geneem het.

Daar het sy ook ‘n goue medalje vir SA.

Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat sy vir die Suid-Afrikaanse atletiekspan gekies is.

In Julie vanjaar het sy aan die Junior Wêreld atletiekkampioenskappe in Amerika deelgeneem.

Ongelukkig het sy ‘n besering opgedoen met haar eerste gooi in die uitdunrondte.

Megan werk baie hard en is op ‘n streng oefenprogram om haar voor te berei vir 2015.

Haar afrigter Terseus Liebenberg van NWU Pukke is baie trots op haar en sê sy is baie talentvol.

Sy gaan nog groot hoogtes bereik as spiesgooier in die toekoms,” sê hy.

Megan is tans 12de op die wêreldranglys vir junior spiesgooier vroue in die wêreld.

Brenda Wilke, haar ma, sê hulle is almal baie trots op haar.

Sy sê Megan is ‘n gedissiplineerde jong Christen dame en ons kan met trots sê dat sy tot alles in staat is deur Jesus wat haar krag gee.

Megan hou ook daarvan om saam met vriende ‘n sokkerbal rond te skop, trampolien te spring en ook om offroad motorfiets te ry.

Related Articles

Back to top button