Local sportSport

Raymond Springs se jong liggaamsbouer

Raymond Nortje (22) het onlangs 'n eerste plek behaal in die o/23 junior World Physique Federation (WPF) SA Kampioenskappe.

Hierdie oorwinning is die rede hoekom hierdie liggaamsbouer Saterdag vertrek na Toronto in Italië.

Hy het in Graad Nege al begin oefen om sy liggaam op te bou vir Hoërskool Die Anker se eerste rugbyspan.

Hy sĂŞ die liggaamsbou-gogga het hom daar en dan gebyt en hy het rugby vaarwel geroep.

As jong seun het hy in 2010 aangesluit by die gym in Dersley waar Deon Scheepers hom onder sy vlerk geneem het.

Kort voor lank het hy die Mnr Northern Springs kompetisie deelgeneem gewen in die o/80kg gewen en was ook algehele wenner van die kompetisie.

In 2011 het hy weer aan die Mnr Northerns Springs kompetisie deelgeneem, maar hierdie keer ‘n tweede gekom.

Hierdie Dersley inwoner sĂŞ dit motiveer hom meer as hy nie ‘n kompetisie wen nie.

Deon, die ervare liggaamsbouer en Mr Heelal van 1991 help hom baie met die dieet en deel goeie wenke uit sy ervaring as liggaamsbouer.

Raymond eet omtrent 24 eiers per dag asook baie tuna, wat hy elke derde dag afwissel met 300 tot 350g Kingklip.

Hy mis sy wegneem etes en rooivleis, maar is vasberade om by die regte dieet te bly.

Gedurende af seisoene eet hy wel ‘n stukkie rooivleis, maar dan oefen hy harder om weer die ‘lean’ spiere op te bou.

“Ek is ‘n gedissiplineerde mens en daarom is dit vir my belangrik om by die regte dieet te bly,” sĂŞ hy.

Vir hom is die beloning vir harde werk en vasbyt groot as hy ‘n kompetisie wen.

Verlede jaar het Raymond in sy eerste liggaamsbou kompetisie waar hy as beginner in die o/75kg kategorie ‘n tweede plek behaal het.

Daarna het hy aan die WPF Boksburg Classic deelgeneem en ‘n vierdie plek behaal in die beginner o/80kg kategorie.

Vierde plek het nie vir Raymond afgesit nie en kort daarna het wen hy by die WPF Chazz Classic en kwalifiseer vir die WPF SA Kampioenskappe wat hy ook gewen het.

Tydens die H & H Classic Bodybuilding kompetisie wat in Julie gehou is, het hy vyfde in die junior o/23 oor 75kg gekom.

In 2014 besluit hy om by sy held Marius Dohne een van Suid-Afrika se mees suksesvolle liggaamsbouers, aan te sluit.

Hy het ook ‘n derde plek in die Rossi Classic kompetisie behaal, ‘n eerste plek in die junior o/23 oor 80kg in die WPF Chaz Classic waaar hy gekwalifisser het vir die WPF Sa Kampieonskappe.

Tydens dié onlangse kampioenskappe kom hy eerste in die juniors o/23.

Raymond is ‘n gedissiplineerde jongman wat baie opgewonde is om Suid Afrika by die WĂŞreld Liggaamsbou Kampioenskappe in die junior o/23 in ItaliĂ« te gaan verteenwoordig.

Related Articles

Back to top button