Local sportSport

Drie TKO’s vir boksers

Boksers van die Bert Collins Boksklub het onlangs baie goed gevaar by 'n bokstoernooi in Koedoespoort.

Geanne Dicks het haar opponent in die derde rondte uitoorlê en baie oortuigend met ‘n tegniese uitklophou (TKO) gewen.

Haar opponent was voor op punte en Geanne het geweet ‘n TKO was die enigste manier om die geveg te wen.

Jeanette Dyzel, afrigter van die klub, sê sy het haarself uitstekend van haar taak gekwyt en die veel ouer opponent goed op haar neus laat kyk.

Tim Lubbe het almal verbaas met sy uitstekende boks tegnieke en sy opponent in die tweede ronde met ‘n TKO gewen.

Tim was self so verbaas omdat die tweede rondte skaars begin het toe sy opponent se afrigter die handdoek ingooi.

Chrisjan du Preez het weereens sy boksvernuf ten toon gestel toe hy tydens die eerste rondte ook met ‘n TKO gewen.

Alhoewel Joseph Lubbe sy geveg op punte verloor het, is hul afrigters baie tevrede met die boksers.

Jeanette sê sy is trots op die boksers wat die klub se naam hoog gehou het.

Die klub se oefentye is Maandag en Donderdag vanaf 6nm tot 8.30nm.

Om by die klub aan te sluit, kontak Jeanette by 073 893 2364.

Related Articles

Back to top button