Jukskei op sy beste

Die Springs C-afdeling Een Jukskeispan het hul afdeling met 35 punte gewen.

Vyf Springs spanne het aan die Jukskei Dorpsliga deelgeneem wat verlede Saterdag by die Springs Jukskeiklub gronde gespeel is.

Nigel Een het tweede geëindig met 26.5 punte en Springs Een, derde met 18 punte.

In die B-afdeling wen Nigel Twee met 51 punte, met Springs Een in die tweede plek met 50.5 punte en Boksburg, derde met 49 punte.

In die A-afdeling het Nigel met 50 punte gewen.

Die Springs en Kemptonpark spanne het gesamentlik tweede geëinding met 43 punte.

Tydens die onlangse proewe vir die SA Meesterstoernooi is Rina Nortje, Harriet van Loggerenberg en Stephanus Rassie Ras van die Springs klub gekies om Gauteng Oos te gaan verteenwoordig.

.

Exit mobile version