Springs eerstes verteenwoordig Valke

Springs Rugbyklub se eerste span het Saterdag vir die eerste keer ooit vir die SA Rugby-unie se Cell C Community Cup gekwalifiseer.

 

Hulle het die rugbyspan van Brakpan op hul tuisveld, Olympiapark, met 23–17 geklop.

Dit is die eerste keer dat Springs aan die Community Cup gaan deelneem, waar hulle die Valke Ruby-unie gaan verteenwoordig.

Hierdie is die premier rugby-unie klubkompetisie vir nie-universiteit spanne.

Die eerstespan afrigter, Kobus van Rooyen verduidelik die Community Cup is anders as die Peregrine-liga vir klubs van die Valke Rugby-unie waarin Springs se rugbyspanne ook speel.

In hierdie ligawedstryde is die eerstes na 10 wedstryde nog onoorwonne.

Hierdie span speel Saterdag in die semi-finale teen Vereeniging tuis en as hulle wen, is hulle in die finale van 2 Augustus.

Springs het die liga in die afgelope 15 jaar 12 keer gewen en Van Rooyen was 10 van die 12 jaar afrigter van die eerstes.

Die o/21s het ook gewen met ‘n telling van 29-22 en die ander twee spanne het verloor.

Die tweedes se eindtydtelling was 15-33 en die derdes, 0-48.

Exit mobile version