School sportSport

Skole hengel in aanvraag

Natalie van Zyl begin skole hengel.

Hengelaar Natalie van Zyl, matriekleerling van Olympia Park Skool, het onlangs besluit om hengel weer bekend te stel by skole in Springs.

Sy hengel vir Gauteng Dames A en staan nie terug vir enige struikelblokke nie.

Alhoewel hierdie dogter skaam is, het sy inisiatief geneem om in Augustus ‘n hengel dag by Aston Lake te reĂ«l waar leerlinge van plaaslike skole aan die sport blootgestel was.

“Van die dam bespreek tot om by die skole om te gaan en te hoor of daar enige belangstellings daarin is, het haar drie weke geneem,” spog haar pa Willem.

Hy spog verder dat sy Natalie by haarself genoeg borge gekry het wat gesorg het vir pryse vir die dag.

Natalie vertel sy het vir Deon ‘Smittie’ Smit, ‘n Protea hengelaar, gekry om die kinders touwys te maak met sekere tegnieke soos hoe om die stok vas te hou en om in te gooi,” sĂŞ Natalie.

Alhoewel sy reg gemaak het vir 30 spanne, was sy gelukkig met die 15 spanne wat opgedaag het vir die dag.

Ten spyte daarvan dat daar net een vis die dag gevang is, vertel Natalie, almal dit geniet het.

Natalie is baie dankbaar vir almal wat die dag moontlik gemaak het, veral die borge, haar skoolhoof Frans Gildenhuys, Willem, Smittie en ook al die deelnemende skole.

Die doel wat Natalie graag wil bereik is om skole bewus te maak van hengel en sodoende kinders se belangstelling te prikkel om die genot van hengel as sport te kan beleef.

“Hierdie gaan ‘n goeie ding wees vir die kinders, en my wens is dat dit sal realiseer en nie net ‘n jaarlikse ding sal wees nie. Dit is goed vir die kinders om in die buitelig te wees en nie noodwendig altyd voor die TV of rekenaar nie,” sĂŞ Smittie.

“My wens is dat dit wat ek begin het nooit sal doodloop nie, dat dit net elke jaar sal groei en leerders van die verskillende skole kan sien waaroor hengel gaan en dit hulle belangstelling so sal prik dat hulle graag deel daaraan sal wil wees,” sĂŞ Natalie.

Smittie en Natalie is dit eens dat baie borge nodig is om kinders toe te rus wat belangstel in hengel.

Hoërskool Hugenote was die wenners van die hengel dag en sal die kompetisie volgende jaar aanbied.

Related Articles

Back to top button