School sportSport

Kolskoot vir Nico

Nico Vosloo (o/16) van Hoërskool Hugenote in Springs is gekies om Oos-Gauteng te verteenwoordig by die SA Skole Skyfskiet Kampioenskappe vanaf 22 tot 25 September.

Driehonderd seuns en dogters vanaf regoor die land in die ouderdomsgroepe o/13 tot o/21 gaan deelneem in die vere, sporterklas, presisie en pistoolskiet afdelings by Florida Hoërskool in Johannesburg.

Nico se ma, Zelda, verduidelik dat die deelnemers op 22 September hulle gewere inhandig om geweeg en geïnspekteer te word voor die kompetisie wat op 23 en 24 September plaasvind.

Die finaal vind op 25 September plaas, gevold deur die prysuitdelingsfunksie by die Eeufeessaal by die Voortrekkermonument in Pretoria.

“Die kinders het die seisoen baie hard geoefen en moes aan ses proewe kompetisies deelneem. Die kinders met die hoogste tellings is gekies om hulle provinsies en streke te gaan verteenwoordig,” vertel Zelda.

Related Articles

Back to top button