Natuurrampe en ‘n nuwe begin

Natuurrampe kan ongelooflik vreesaanjaend wees, maar soms staan 'n mens verstom oor die krag wat so ramp inhou.

Dink nou maar aan die tornado wat twee weke gelede dele van Gauteng en Mphumalanga getref het.

Dit het verwoesting gesaai deur verskeie geboue se dakke af te ruk, bome te ontwortel en selfs staalstrukture te vou.

Die krag van so ‘n storm is geweldig.

Vriende van ons se huis is totaal en al vernietig en van haar eens pragtige huis is slegs murasies sigbaar.

Soos sy dit aan my beskryf het, “ons het NIKS”.

Dit laat my wonder hoe begin ‘n mens van voor af opbou wat ‘n tornado binne minute kom verwoes het.

Daar is wel mense wat sal redeneer dat die mense seker versekering het.

Hoe begin middeljarige mense weer van voor af meubels koop, herinneringe bou, en sentimentele waarde vervang as jy nou ten duurste alles nuut moet gaan koop?

Al ooit gewonder wat jy sal doen as jou huis deur so ‘n natuurramp getref word?

Net om van die plaas na ‘n kleinhoewe toe te trek het soveel emosies tot gevolg gehad vir ons wat soveel herinneringe op die plaas na 22 jaar nagelaat het.

Hoeveel te meer het hierdie mense nie herinneringe wat verwoes is nie?

Maar tog kan ‘n mens na die positiewe kant van die natuurramp kyk.

Want dit is wanneer jy besef hoeveel mense werklik uit hul pad gaan om te probeer help.

Daar is nie kos nie, want jou yskas en vrieskas is verwoes, en jy moet eet.

Tydens hierdie rampe besef mens dat daar deernis by jou medemens gewek word.

Laerskool Eloff personeel het dadelik skuiling vir van die mense aangebied.

Families en vriende, selfs onbekendes het ingetree deur maaltye te voorsien, voorrade kos, klere en meubels is aan hierdie mense gebied.

En al wat die van ons wat nie deur die ramp geraak is nie doen is om ons hande saam te slaan en te sê sjoe ons is so gelukkig en siestog die arme mense.

Steek jy jou hand in eie boesem deur ander te help of by te staan?

Dalk is jy een van dié wat wonder waarom daar nou soveel rampe is en alhoewel baie mense dikwels sê dat hierdie rampe “dade van God” is, word dit in werklikheid verkeerdelik so genoem.

God is nie verantwoordelik vir die rampe wat soveel mense vandag raak nie.

Maar tog vra baie mense nietemin: As God dan nie vir die rampe verantwoordelik is nie, wie of wat is dan?

Ons noem hulle natuurrampe omdat dit gebeure buite menslike beheer is en dit het dikwels skadelike of vernietigende gevolge vir menslike strukture, menslike lewens of voedselvoorrade.

Hierdie rampe kom voor in die vorm van droogtes, vloede en orkane.

Groot gedeeltes van die Oos Kaap lê nogsteeds vasgevang in ‘n knellende droogte wat krities is met vele diere wat vrek en boere wat sukkel om te oorleef.

Die vroegste wat deskundiges verligting verwag is in 2018.

Maar die vraag bly steeds waarom gebeur hierdie rampe?

Die antwoord is voor die hand liggend – omdat ons op ‘n lewende planeet woon wat voortdurend in ‘n siklus van hernuwing is.

In die meeste gevalle behels hierdie hernuwing skaars waarneembare gebeurtenisse wat alle materie en energie op die aarde se oppervlak herwin, soos erosie, chemiese verwering van rotse, fotosintese of organiese ontbinding.

In sommige gevalle kan hierdie hernuwing en verandering egter skielik en gewelddadig word, en wanneer mense en

geboue in die pad daarvan kom, kan daar rampspoedige gevolge wees.

Exit mobile version