Vermy negatiewe invloede van ander

Moenie mislei word nie. Slegte geselskap bederf goeie gewoontes.

Hierdie realiteit laat ons wonder hoe herken ons en reageer ons op die mense in ons lewens wat inderdaad slegte geselskap kan wees.

Dit is bykans onmoontlik om ‘n lewe te leef wat nie deur ander se woorde of optrede geraak word nie.

Hul houdings en menings word soos stuifmeel in ons lewens versprei en dit lei soms tot die vorming van ons perspektief en dit beïnvloed ons denke sowel as besluite.

Selfs Christene is nie van die invloed van vriende of familie se kritiese goedbedoelde tonge gevrywaar nie.

Want hulle probeer die regte dinge sê en besef nie altyd dat dit dalk op die verkeerde tyd gesê word nie.

Maar deur te dink voor jy praat kan ‘n Christelike persoon se lewe positief aanraak wat tot positiewe gevolge kan lei.

Met die dood van my dogter nege jaar gelede het verskeie mense vir ons gesê God het sy mooiste roos kom pluk.

Regtig mense, is dit is wat ‘n liefdevolle God doen, wat besluit hierdie kind moet eerder nou as blom gepluk word op die ouderdom van 19 jaar?

Ek glo nie, want sy is oorlede as gevolg van die verkeerde keuse wat die motorbestuurder gemaak het wat gelei het tot haar dood.

Gelukkig is daar ook mense wat met hul goeie geselskap ‘n positiewe bydrae maak tot hul vriendskap.

Daardie bydrae kan oor tyd ‘n oes van volwasse vrugte word.

Maar daar is verskeie gevalle wanneer ons die negatiewe invloed van ander in ons lewens toelaat wat self teen ons natuur en denke indruis.

Dit begin in sommige gevalle terwyl jy nog jonk is en wanneer jou vriende se invloed jou soms in situasies in boelie.

Sulke invloede lei tot negatiewe gedates en spyt wat te laat kom.

Soos baie dinge in die lewe besef ons eers agterna watter nadruk die swak invloede gehad het.

Ons sou graag wou dink dat wanneer ons ouer is, ons goeie oordeel en perspektief ons daarvan sou weerhou om mislei te word, maar ongelukkig beleef ons nogsteeds oomblikke wanneer ons kwesbaar is.

Die oomblik kan so subtiel wees dat ons dit eers later agterkom.

Bekende prediker Joyce Meyer vertel van hoe geniepsig ons woorde kan wees sonder dat ons oordink wat ons sê.

Sy het eenkeer vir ‘n pragtige bloes vir haarself gekoop sonder om dit aan te pas.

Ongelukkig was die bloes te groot vir haar en sy was nie lus om dit te gaan omruil nie.

So besluit sy om dit vir een van haar voller figuur vriendinne te gee.

Sy oorhandig die bloes met woorde wat sy glad nie oordink het nie: “Die bloes sal jou beter pas omdat jy groter gebou is as ek.” (direk vertaal).

Dit was eers later dat sy besef het sy het eintlik indirek verwys na haar vriendin se groter postuur wat eintlik beteken dat haar vriendin vet is.

Die fokus was nou nie meer op die goeie daad nie maar eerder op die vriendin se liggaam.

Verkeerde woordkeuses kan tot verrykende gevolge lei.

Die feit dat ons soms toelaat dat ons gesprekke ons goed laat voel ten koste van ander is iets wat ons almal sterk kan oordink.

Waak daarteen, deur sodoende beheer uit te oefen oor jou kritiese tong.

Want die oomblik wanneer ons te laat besef hoe ons woorde mense negatief kan beïnvloed en seermaak, is jammer dalk te laat want die skade is reeds aangerig.

Kies jou woorde sorgvuldig voordat dit by jou mond uitkom.

So kom spyt te laat en vriendskappe kan geruineer word.

Ons woorde en kritiek lei soms tot ander se verkeerde optrede, selfbejammering en swak selfbeeld.

Kies jou vriende sorgvuldig, die wat jou opbou en wie se woorde nie jou lewensuitkyk verander nie.

Hou jou hart skoon en suiwer want dit is waar jou woorde gevorm word.

Exit mobile version