BlogsOpinion

Lewenslesse vanuit ‘n tuinier se oogpunt

Selfs onkruid het soms 'n plek in ons lewenstuin nodig.

Die gedagte aan die lewe as ’n tuin vervul my met bewondering vir die enormiteit en oneindigheid daarvan.

Wanneer ’n mens dink aan ’n tuin kom daar ’n verskeidenheid van gedagtes na vore.

Die voorbereiding, tipe bemesting en kunsmis, sade en beskikbaarheid van water en toerusting om die tuin te maak sowel as die ornamente en of klippe wat in die tuin geplaas kan word.

’n Tuin bestaan gewoonlik uit ¦n verskeidenheid van blomme, groente en baie ander dinge maar daar is selfs onkruid wat in die tuin groei.

Die soort tuin wat gevestig word hang alles van die tuinier af.

So het die groot Tuinier ook besluit om ‘n tuin vir homself te vestig en ek en jy as mens is die blomme wat hierdie tuin van die lewe versier.

Soos wat ons deur die tuin stap sien ons dat daar ook onkruid tussen die blomme of groente groei en ons eerste reaksie is gewoonlik om dit te vernietig.

Soms is die mense wat ons teëkom in ons wandel deur die tuin van die lewe van daardie tipe kakibos wat ons wil uitroei, maar as ons ’n bietjie meer oplettend is, sal ons sien dat daar eintlik waarde en ’n les te leer is in dié onkruid.

Dit laat ons die mooi in ander plante raaksien, hetsy dit blomme dra of nie.

Elkeen dien sy doel tot ‘n volmaakte tuin en in ons lewe.

Soms fel ons maklik ’n oordeel, maar intussen is ons nie altyd bewus van hoe die grond waaruit daardie persoon gekweek is, goed of swak voorberei was en dat hul dalk die produk van die voorbereide grond is.

Tuinmaak leer ons dikwels meer van die lewe as wat ons besef.

Elke saadjie wat geplant word ontkiem en groei tot ’n volwaardige en volmaakte plant wat dan geboorte gee and die blom.

Blomme kom in ’n verskeidenheid kleure en vorms voor en elkeen het sy eie unieke reuk.

So kan ons deur die lewe ook volmaakte oomblikke asook minder aangename oomblikke ervaar, alhoewel ons nie altyd die oomblik kan bewaar nie, behalwe miskien in ons geheue, wat ons dan van tyd tot tyd aan daardie gebeure herinner.

Dit is soos onkruid wat in ’n tuin groei en moeilik is om uit te roei.

Maar, ons moet ook onthou dat selfs onkruid soms ‘n pragtige blom kan voortbring.

Hoe die onkruid op die oog af lyk maak nie saak nie. Al wat ons nodig het om te sien is die pragtige blom wat dit voortbring.

Daardie oomblik wat onkruid in ons lewens groei, is dit al wat ons raaksien, maar dit is ook soms noodsaaklik om die waarde daarvan raak te sien.

Hierdie nuttelose onkruid mag onvergeetlike lewenslesse bevat wat die lewe in ‘n pragtuin kan verander.

Al word dit uitgetrek en is nie meer deel van ons lewe nie, was dit daar vir ‘n bepaalde seisoen.

‘n Seisoen wat ons nodig gehad het om net weer ons tuinwerk in orde te kry, of dalk net weer om te spit sodat die prag van die lewenstuin weer te sien is en deur almal om jou waardeer word.

Daardie lewenstuin is onvernietigbaar en blom vir ewig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button