Die krag van woorde

Woorde het soveel krag.

Dit is kragtig en kan jou krag wees waaragter jy skuil.

Daar is soveel maniere van vuil taal praat dat baie mense dit aanvaar omdat dit die norm is.

Die woorde wat jy gebruik, of dit verbaal of op skrif is, kan beinvloed hoe ander na jou kyk.

Laat daar liewer geen vrot woord uit jou mond kom nie, maar eerder iets goeds wat help met die opbou van jou gesprek.

Laat dit wat uit jou mond kom skoon wees, sodat dit genade kan gee aan die wat hoor.

Ek onthou een keer as ‘n kind het my ma my mond met groen seep gewas nadat ek ‘n kragwoord gebruik het.

Sy het my na die badkamer geneem, die seep in my mond gevryf en gesê ek kan dit maar uitspoel en vir my straf na my kamer toe gaan.

Weet jy wat ek gesê het?

Ek dink ek het vir my broer gesê, “hou jou bek!”

Nou wonder sommige seker hoekom my ma my mond met seep uitgewas het oor so eenvoudige, deesdae aanvaarbare, woorde.

En dit, nogal, vir my broer en nie eers aan ‘n vreemdeling nie.

“Want,” het my ma gesê, “wat by die mond uit kom, verontreinig ’n mens”.

Ek het myself besmet, vuil gemaak, deur net vir my broer te sê “hou jou bek!”, en my ma het ‘n preek gelewer oor die suiwerheid van my taalgebruik.

So het sy ‘n onvergeetlike voorwerp, ’n koekie groen seep, gebruik sodat ek ’n les kon leer.

Ek dink sy het reg opgetree en ek sal altyd dankbaar wees vir haar ywer om ons suiwer Afrikaans te leer, sonder enige waaghalsige woorde.

“Maar regtig!”, sal julle seker sê, “Wat is die groot probleem om aan jou broer te sê hou jou bek?

“Dit is nie vloek nie.”

Jy gebruik nie die Here se naam ydelik nie, dit is nie ‘n vloek woord nie, so hoekom sleg voel daaroor?

Die antwoord hierop sal wees dat toe ek daardie woorde aan my broer geskreeu het, was dit gemeen.

Daar was geen liefde en geen goeie wil en geen vriendelikheid daarin nie.

Dit was lelik van my.

Daar was geen morele skoonheid, geen heiligheid, geen liefde nie in my houding toe ek dit vir my broer gesê het nie.

Dit was inderdaad onBybels om so iets kras aan iemand te uiter.

Dit was deur en deur vrot woorde.

Hierdie woorde het hul ontstaan in my binneste verkry omdat ek te trots was om te erken dat ek verkeerd opgetree het.

Na my broer se teregwysing, het woede in my opgevlam, wat seker heel normaal is tussen ’n broer en suster, want almal sondig mos een of ander tyd.

Maar, pasop dat jy nie gewoond raak aan sonde nie, want dit kan so normaal wees.

Waarvoor ek die Here dank is dat my wyse moeder ’n Christen was en ook dat sy besorgd was oor hoe ons teenoor mekaar optree.

Sy het geweet dat seep in die mond nie die vuil in my hart kon uitwis nie, want as sy gedink het dit kan, sou sy nie so baie gehuil het nie.

So het sy my die waarheid geleer dat jy jou gematigde en selfbewuste self moet vergeet, want dit is korrup en het bedrieglike begeertes.

En sit die nuwe sagmoedige en vriendelike selfgemaakte deur God in sy eie gelykenis in geregtigheid en heiligheid.

Met ander woorde, mans en vrouens, seuns en dogters, jy moet diep vernuwe word in die gees van jou verstand, sowel as in jou hart.

Uiteindelik sal die stryd om suiwerheid in die mond en in die hart geveg word, omdat uit die oorvloed van die hart spreek die mond.

As jy nie hou van die woorde wat uit jou mond kom nie, luister noukeurig daarna in jou gedagtes, want anders maak dit jou hart vuil.

Met oefening sal die hart, die mond en die verstand gesuiwer wees en sal jy twee keer dink voordat jy ‘n skewe, afjakkerige woord uiter.

As ons dink aan die idee agter die woorde kwaad, onheilig en korrup, wat dink ons?

So hoor ons dikwels dit is nie die goeie boom wat slegte vrugte dra nie.

Die term vir “slegte” vrugte is dieselfde woord vir onheil of ongesond of korrup.

Dit is amper soos iets wat bederf is en verrot, dit gee ’n nasmaak en bring nie goeie dinge tot gevolg nie.

Hierdie soort vrot taal moet soos ou verslete klere weggegooi word.

Indien ons nie daaraan gewoond is om vuil taal te gebruik en indien julle nou nog nie weet waarvan ek praat nie, ek praat van vloek en vuil woorde.

Ons sal ook nie daarvan hou dat ons kinders sulke taal moet gebruik nie.

Al te dikwels hoor ons kras of kru taal langs die sport velde.

Dit is nou vulgêre verwysings na seks en die menslike liggaam, die woorde waarna ek verwys.

Met hierdie soort taal neem mense goeie dinge en gebruik hulle soos modder om te smeer op alles wat hulle aanraak.

Die hele aanname van die gebruik van vulgêre vier-letter woorde is dat hulle spot of minagting of haat kommunikeer.

Hoe gebeur dit?

Die antwoord is maklik: Dit is fundamenteel vir alle vulgariteit.

In jou gedagtes, vervang jy die teerheid van getroude liefde met die verkragtingskrag, en jy het self ’n vier-letter woord wat mondelings dieselfde ding doen wat verkragting fisies doen: dit verklaar selfsugtige, onbeskaamde misbruik.

Exit mobile version